Inleiding
In April 2003 het Mnr.
Andy Lowings 'n groep gestig om 'n egte, maar speelbare weergawe van die bogenoemde
Goue Siter van Ur, wat onlangs in Baghdad beskadig is, te maak.
Die
inspirasie kom van steenwerke wat in die Chicago Orientale Museum tentoongestel
word. Dit stel die vroegste snaarinstrumente voor, en dateer in die tyd van Genesis!
Dit was nog nooit op die egte manier gedoen deur die gebruik van die regte oorspronklike
kleefstowwe, Sumariese streekshout, en die korrekte gebruik van goud van die regte
kwaliteit en digtheid. Die vaardighede vir die hervervaardiging van die harp bestaan
wel in die wereld vandag. Ons het vir die beste vaksmanne gevra om by te dra deur
donasies van hulle werk te skenk. Dit is 'n belangrike deel van die projek dat
die egtheid die antieke aard van die harp reflekteer.
Die
bulkop siter, wat aangehou word in die Baghdad Museum, kry baie blootstelling
in die pers regoor die wereld as gevolg van die gebeure in Irak. Daar is baie
belangstelling om die hervervaardigde instrument te hoor speel.